Min het hulle geweet wat binne-in die koevert was. Elkeen van die veelkleurige notatjies het iets beskryf waarvoor hy dankbaar is: van sy ma se tuisgekookte etes en die kere wat sy pa hom rondkarwei het toe sy eie motor onklaar was.

'Belaglike hoeveelheid liefde'

Ian beskryf ma Norma en pa Ian senior as "die beste ouers wat enigiemand ooit voor kon wens". En dit was juis daarom dat hy 'n besondere manier gevind het om hulle te bedank vir die 'belaglike hoeveelheid liefde' waarmee hy en sy broer, Craig, deur die jare geseënd was.

Die inhoud van die koevert het sy ma in absolute ongeloof na hom laat staar, en toe het die trane begin loop. Pa Ian probeer ewe onhandig troos, maar die oomblik was net te groot.

Buiten die notatjies het Ian nóg 'n belangrike brief aan sy ouers gegee waarin hy vertel het dat na maande se gespaar kon hy daarin slaag om sy ouers se skuld van £5,000 (bykans R108,000) namens hulle af te betaal.

Bronne: YouTube, mailonline.co.uk