Met die kwik wat in sommige dele van die land anderkant 40 °C draai, was die noordelike dele van Suid-Afrika die afgelope ruk so warm dat ’n mens letterlik ’n eier op die sypaadjie kon bak.

[caption id="attachment_114709" align="alignnone" width="600"]Dit is eierbakwarm in Rustenburg. Foto verskaf deur Lameez Omarjee. Dit is eierbakwarm in Rustenburg. Foto verskaf deur Lameez Omarjee.[/caption]

Lameez Omarjee van Rustenburg het inspirasie gekry van ’n episode van Hey Arnold!, ’n Amerikaanse animasie-TV-reeks, en besluit om die rekordtemperature op die proef te stel.

Lees ook: Wat jy moet weet van hitte-uitputting en sonsteek

“Ons het aanvanklik nie olie bygevoeg nie. Maar die eier het verdamp; die kante het weggeloop. Toe voeg ons olie by,” sê sy.

En ná ’n uur het sy ’n songebakte eier gehad wat eintlik “meer soos ’n saggekookte eier was. Sekere dele was hard en die res was loperig, maar dit was eetbaar.”

– Samantha Luiz

Kyk hoe bak ’n eier op die plaveisel:

Eierresepte:

Hoe om benediktuseiers te maak

Boerewors- Skotse eiers

Kaaswors-omelet