Alles behalwe wat jy van die skrikwekkende Russiese weermag sou verwag!

'n Skreeusnaakse video van Russiese soldate wat I'm a Barbie Girl van Aqua sing, is onlangs op die in die internet herontdek

Die mans marsjeer terwyl hulle die bekende pop-liedjie van die 1990's sing.

Die oorspronklike video is twee jaar terug opgelaai, maar vandat dit herontdek is, het dit meer as 1,1 miljoen kykers getrek.

Kyk hier na die video:

BRONNE: Daily Mirror en YouTube