Dramatiese beeldmateriaal is vrygestel wat wys hoe die ma en haar seun rustig op die roltrap staan.

Maar toe sy aan die bopunt van die roltrap aftrap, gee ’n metaalplatform mee en word sy ingesluk. In die dramatiese oomblik voor sy in die ratwerk verdwyn, stoot sy haar seun na veiligheid.

Die Chinese media het die vrou as die 31-jarige Xiang Liujuan geïdentifiseer. Daar kan gesien word hoe ’n werknemer by die winkelsentrum waar die voorval plaasgevind het Xiang vergeefs probeer red. Reddingswerkers het vier uur lank gespook om haar liggaam uit die roltrap te bevry.

Let wel die video kan vir sommige ontstellend wees:

Bronne: CNN; Time