’n Reuse stofstorm het Vrydag die Amerikaanse stad Phoenix se metropolitaanse gebied verswelg en het inwoners verskeie ure sonder elektrisiteit gelaat.

Vlugte is ook gekanselleer.

Die storm het ’n geskatte wydte van 80 km en het sowat 914 m hoog geraak.

Stofstorms, oftewel haboobs, vind tydens Arizona se moesonseisoen plaas.

Die seisoen strek tussen middel-Junie en einde September.