Strong4Life is ’n welstandsprogram gestig deur die kindergesondheidsorg van Atlanta in Amerika in ’n poging om die kindervetsug-epidemie en verwante siektes met behulp van ’n verandering in die samelewing om te keer. Hul video, getiteld Rewind the Future, wys hoe die toekoms vir vetsugtige kinders kan lyk as hul ouers nie nou iets daaraan doen nie. “Ons het nie die video gemaak om jou skuldig te laat voel nie,” sê die organisasie op hul webtuiste. “Die keuses wat ons vandag vir ons kinders aanleer, raak die gewoontes wat hulle saam met hulle die toekoms inneem.”

Kyk die video hier:

Besoek Strong4Life vir meer inligting oor die volgende:

  • Hanteer kinderstreke sonder om kos as ’n omkoopmiddel te gebruik.
  • Neem die leiding om jou familie se eetgewoontes te verander.
  • Eet gesond op ’n begroting.
  • Sit jou gesin op ’n digitale dieet.