Des te meer as jy uit 'n era kom lank voor hierdie tegnologie enigsins bestaan het.

In hierdie skreeusnaakse video span drie pensionarisse vermoedelik iewers in Engeland kragte saam om 'n foto tydens 'n uitstappie na 'n park te neem.

Die een wie se kamera dit is, Barbara, spreek haar misnoeë uit, want sy wil graag 'n gebou in die verte vaslê, maar sukkel om uit te werk hoe om haar kamera te gebruik.

Minwetend word die hele onderonsie eintlik op video vasgelê. Barbara se manlike vriend probeer sy bes, maar sy kennis van dié nuwe tegnologie is ook maar skraps.

Minstens weet die oom darem wat 'n ek-kiekie is, en verklaar op 'n kol luidkeels: "Ooh, you can do a selfie!" Net vir Barbara om die idee gou af te skiet. "Ek soek nie 'n selfie nie, ek soek daardie," wys Barbara na 'n gebou in die verte.

Haar manlike vriend se eenvoudige oplossing? "Mik net en druk, Barbara!"

Kyk hier na die snaakse video:

Bronne: Mirror.co.uk; Metro.co.uk