As jy die ouer van ’n dogtertjie jonger as twaalf is, is jy tien teen een bekend met die temalied van die animasiefliek Frozen. Jy is waarskynlik al moeg daarvoor om te hoor hoe jou dogtertjie deur die huis hardloop en dié temalied uit volle bors sing. Party ma’s vertel selfs hoe hul dogtertjies daarop aandring om as Anna en Elsa, die hoofkarakters in dié fliek, aangespreek te word.

Twee Amerikaanse pa’s was so keelvol vir die fliek se temalied dat hulle hul eie weergawe daarvan geskryf en opgeneem het. Die video beeld hul liefde-haat-verhouding met die fliek perfek uit. “Ek weet ek gaan nooit hierdie liedjies uit my kop kry nie,” lui een van die reëls.

As jy jou met die twee pa’s kan vereenselwig, is dié video beslis die kyk werd:

Bronne: YouTube, Huffington Post

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.