Dallas, Texas -

Courtney Solstad (36) het 'n video op sosiale media gedeel waarin sy die oomblik vasgevang het toe haar drie dogters die eerste keer hul nuwe bababoetie Nathan sien. Die nuweling was kompleet toegedraai soos 'n kersgeskenk onder die familie se kersboom.

Op haar Facebook-blad (wat intussen gesluit is) het Courtney geskryf die drie meisies het "niks van Nathan geweet tot op daardie oomblik nie."

"Ons het hulle by die deur ontmoet en gesĂȘ ons het kersinkopies gaan doen. Ook dat ons graag 'n geskenk met hulle wil deel...en dat die geskenk onder die kersboom was."

[caption id="attachment_113147" align="alignnone" width="600"]Foto: YouTube Foto: YouTube[/caption]

In die video kan jy sien hoe die drietal die kersboom stadig nader om te loer wat onder die kersboom wag, duidelik opgewonde oor die verrassing. Die oomblik toe hulle vir Nathan vir die eerste keer raaksien, was vir die een sussie so groot dat sy haar hand in ongeloof oor haar mond geslaan het.

"Ek dink ek gaan my broek natmaak!" laat hoor 'n ander. Net vir Courtney om gou te keer met 'n laggende "asseblief moenie!"

Courtney beken dan die hele verrassing en vertel die driestuks: "Daardie is julle nuwe bababoetie."

[caption id="attachment_113146" align="alignnone" width="600"]Foto: YouTube Foto: YouTube[/caption]

"Hy is so oulik, kan ek aan hom raak?" vra die een versigtig.

Wat 'n besonderse kersgeskenk!

Bronne: Buzzfeed; Daily Mail