Kyk die video:

Beeldmateriaal wat aan die lig gekom het, wys hoe ­Oscar Pistorius ’n waat­lemoen met ’n grootkaliber-rewolwer aan stukke skiet en iemand, vermoedelik hy, dan sê: “Dis baie sagter as breins.”

Dié videogreep, wat op ’n skietbaan verfilm is, is oorspronklik op Sky News gewys.

Die Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard skiet saam met Pistorius teiken in die video.

Die video is glo gemaak voor die skietvoorval op 14 Februarie 2013.