Hierdie beeldmateriaal, wat die Daily Sun bekom het, toon na bewering hoe Oscar Pistorius in die tronk sokker speel saam met die berugte Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir.

Dit is die eerste blik van van Oscar sedert hy sy tronkstraf begin uitdien het.

Die Paralimpiese atleet dien vyf jaar tronkstraf uit vir strafbare manslag weens die dood op sy meisie Reeva Steenkamp.

Luidens berigte het hy in die gevangenis met die Tsjeggiese voortvlugtige bevriend geraak.

Sapa berig die moordverdagte Krejcir was na bewering by ’n rits misdade betrokke en die polisie het blykbaar al beduidende bewyse teen hom versamel.

Hier is skermgrepe van die video:

[post-slider]

Bronne: Daily Sun, News24