XINGTAI - .

Hierdie video gaan jou beslis verstom laat.

Die eerste voertuig se neus duik effens neer terwyl die agterwiele gaan lugwaarts gaan. Dis nie al nie - dit lyk asof die voertuig deur 'n onbekende hand teruggeruk word. In 'n bisarre 'dans' word die voertuig langsaan ook deur die eerste voertuig getref en teruggeruk.

Voertuig nommer een beland op sy sy en die tweede een weer dwars oor twee bane. Dan kom daar 'n derde voertuig om 'n draai vanuit die teenoorgestelde rigting en dié se agterstewe lig ook redelik hoog van die grond af.

In hierdie stadium is die oorsaak van die hele petalje nog onseker. Een van die waarskynlikste teorieë is dat dit 'n kabel is wat deur die vragmotor (heel regs in die video) gesleep word.

Bronne: YouTube, mailonline.co.uk