Ons almal geniet 'n towerkunsie elke nou en dan, maar in hierdie oulike video lyk dit of hierdie oerangoetang dié spesiale oomblik die eerste keer beleef.

In die video, wat vermoedelik iewers in 'n dieretuin geneem is, wys 'n man 'n baie eenvoudige toertjie vir die oerangoetang terwyl dié hom met valkoë dophou.

Die oerangoetang kyk fyn; hy sien hoe die man die dennebol versigtig in die koppie bêre. Dan tjoef-tjaf! Weg is die bolletjie!

Net daar bars die oerangoetang uit van die lag. Dié toertjie was duidelik sy diepste uur.

Kyk hier na die oerangoetang se oulike en uitspattige reaksie: