In ’n insetsel vir die program Fox & Friends het nuusleser Pete Hegseth ’n byl na ’n teiken probeer gooi.

Pete mis egter nie net die teiken nie, hy tref ’n tromspeler wat daaragter staan.

Natuurlik is die hele voorval regstreeks uitgesaai.

Gelukkig is die tromspeler, Jim Prosperie, nie beseer nie, maar, heel verstaanbaar, baie ontsteld.

“Pete was onverantwoordelik. Dit moes nie gebeur het nie en kon voorkom gewees het. Mens moet altyd weet wie agter jou teiken is voor jy iets gooi,” het hy op sy Facebook laat hoor.

Bronne: Yahoo News; YouTube

Kyk na ’n video van die voorval hier: