Selfs terwyl die rower 'n vuurwapen op haar gerig het, het sy botweg geweier om enige kontant aan hom te oorhandig. Inteendeel, sy het meer as haar man gestaan en alles in haar vermoë gedoen om hom te probeer ontwapen.

Tevergeefs. In die skokkende beeldmateriaal wat op kringtelevisiekameras vasgelê is, kan gesien word hoe die rower uiteindelik die oorhand kry, die kasregister gryp en spore maak.

Maar eers ná die vasberade vrou hom 'n paar harde houe toegedien het.

Sy het hom boonop agterna gesit, maar moes die aftog blaas. Die polisie van Khanty-Mansiysk, die Russiese stad waar die voorval plaasgevind het, het intussen bevestig die rower word reeds met 'n klomp vorige gevalle van diefstal verbind.

Hy is later dieselfde dag gearresteer. Die polisie het ook die sowat R5500 wat die man by dié winkel gesteel het, terugbesorg.

Bronne: Unilad; Mirror