'n Treffende bewusmakingsvideo van 'n dierewelsynsorganisasie wys die ellendige lewe van rondloperhonde in Mumbai, Indië en die struikelblokke wat hierdie diere elke dag moet meemaak.

Die video is geskiet vanuit die hond se oogpunt deur 'n kamera wat aan sy nek vasgemaak is.

Dit is verskriklik om te sien hoe mense die dier behandel deur dit met water te gooi, te skop en selfs vuurwerke naby dit af te vuur.

Gelukkig dra die video 'n goeie boodskap oor: help rondloper diere soos hierdie deur hulle aan te neem.

Hoewel treffend, is dit nodig om te noem dat geen hond in die maak van die video beseer is nie. Die effek is bloot deur slim redigering en musiek verkry. Die vervaardigers maak dit egter duidelik dat dit ware situasies voorstel wat sulke diere op 'n daaglikse basis ervaar.

Definitief doeltreffend.