As jy geweet het wat jy nou weet, sou jy jouself aanraai om ’n klein bietjie meer in die lewe in te sit, of om eerder jou uniekheid te omhels?

CBC Radio in Kanada het hierdie vraag aan ’n groep mense tussen die ouderdomme van 7 en 93 gevra. Hul antwoorde is op kamera vasgelê.

Die finale produk is die perfekte mengsel van nostalgie met van die raad wat wissel van skreeusnaaks tot bittersoet.

Van die beste staaltjies sluit in:

  • “Beste sewe-jarige, maak nie saak wat mense sê nie: BLY WEIRD! Geteken, ’n agt-jarige.”
  • “Hou op om so baie om te gee wat mense dink. Hulle dink glad nie aan jou nie. Mooiwense, ’n 47-jarige.”
  • “Praat altyd die waarheid. Behalwe as dit kom by jou profiel op ’n afspraakwebwerf. Geteken, ’n 51-jarige.”
  • “Spandeer al jou geld, anders gaan jou kinders dit vir jou doen. Groete, ’n 85-jarige.”
  • “Moenie luister na ander se advise nie. Niemand weet wat hulle doen nie. Mooibly, ’n 93-jarige.”

Kyk hier na die video vol wyshede:

Bronne: huffingtonpost.com, buzzfeed.com