Het jy ’n lang, moeilike dag agter die rug? Raak die week nou net te lank en jy wens dit was al Vrydag?

Kort jy net daardie ‘iets’ om jou gemoed te lig en ’n glimlag terug op jou gesig te plaas?

Ons het die perfekte oplossing.

Kyk hierdie skatlike video van die vyfjarige Corgi genaamd Meatball wat net die beste tyd ooit het terwyl hy vir vyf minute op ’n rondomtalie speel.

Dit is die pure definisie van geluk.