’n Vrou in die weste van Rusland het wonderbaarlik oorleef toe haar motor in vlamme uitgebars het as gevolg van dié dodelike kombinasie: ’n lekkende gassilinder in die motor en haar lus vir ’n sigaret terwyl sy bestuur.

Die vrou het geskok uit die motor gespring, maar dit lyk of sy ongedeerd daarvan afgekom het. Haar motor was egter nie so gelukkig nie.

Die hele insident was vasgevang op die paneelbordkamera van die motor agter haar.

Kyk net hier:

Bronne: Daily Mail, Daily Mirror, YouTube