Chad Neidt en Brian O’Sullivan se video, waarin hulle treffers soos 22, We Are Never Ever Getting Back Together en Mean sing, het binne ’n dag nadat dit op YouTube gelaai is meer as 4 000 trefslae gekry.

Chad, wat ook al liedjies deur The Offspring gesing het, het dit opgelaai en aanhangers is dol daaroor.

“Jou mengelmoes-liedjies klink elke keer ongelooflik. Hou aan rock, ou!” het een geskryf.