Meryl Streep het almal verstom met haar realistiese vertolking van Julia Child in die film “Julie and Julia”.

In haar nuutste film pak Streep die rol van Margaret Thatcher, Britse oudpremier, aan in “Iron Lady”.

Soos gewoonlik slaan dié veteraan aktrise die spyker op die kop met haar raakvat-vertolking.

Die film sal eers in Desember uitgereik word, maar kritici gons reeds dat Streep in aanmerking sal kom vir ‘n goue Oscar-beeldjie.

Mens kan nie anders as om te wonder wat hierdie merkwaardige aktrise volgende gaan aanpak nie.

Kyk hier na ‘n kort voorprent van die film.

Volg Huisgenoot op twitter.