Dit blyk Hello Kitty is toe ’n mens! Baie aanhangers was innig geskok toe dit verlede week bekendgemaak is dat Hello Kitty eintlik ’n meisie genaamd Kitty White is, al lyk sy nes ’n kat. Die nuus het kleine Lou veral ontstel.

Sy is duidelik ontsteld en het trane in haar oë. In die video sê sy: “Ek haat dit – sy lyk soos ’n kat; sy kan nie ’n mens wees nie. Sy is ’n kat wat in strokiesprente soos ’n mens optree!”

Kyk haar skreeusnaakse reaksie hier:

- Janine Nel

Bron: mirror.co.uk