Dit is presies wat vroeër vandeesmaand in die Chinese stad Heshan gebeur het toe 'n vermeende rower by 'n juwelierswinkel ingestorm het met 'n byl en van die vertoonkaste begin stukkend slaan het.

Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgelê. Daarop kan gesien word hoe een van die winkelassistente verbouereerd terugstaan toe die man, wat net as Haung geïdentifiseer is, die vertoonkas met sy byl bykom en van die juwele gryp.

Maar sy sukses was van korte duur. 'n Ander werknemer gryp gou vir Haung van agter en pen hom neer op die grond. Die polisie daag toe ook kort voor lank op en arresteer hom.

Hy is tans in aanhouding terwyl die saak verder ondersoek word.

Kyk hier na 'n video van die voorval:

Bronne: Daily Mail; en.people.cn