Otis (69) het in ’n video-onderhoud aan Al Jazeera vertel hoe futuristies vandag se wêreld is teenoor die een wat hy agtergelaat het toe hy 25 was in die laat 1960’s.

“Ek het gesien almal, of die meerderheid van mense, praat met hulself. Toe kyk ek verder en dit lyk of hulle goed in hul ore het.” Hy voeg by mense “met drade in hul ore” wat na musiek luister, lyk soos CIA-beamptes.

In die video stap Otis in New York en verkyk hom aan al die nuwe kosprodukte in die supermarkte. “Ek eet nou ander kos want ek kyk na al die lawwe goed en sal dit elke nou en dan probeer.”

Hy vertel hoe verbaas hy was dat selfs betaaltelefone verander het.

“Ek onthou toe ek die eerste keer uitgekom het. Ek wou ’n oproep maak toe sien ek dit kos $1. Dit was 25 sent toe ek laas buite was. Ek het toe ek uitkom uitgevind hulle gebruik dit nie meer nie.”

Otis is skuldig bevind aan poging tot moord op ’n polisiebeampte. “Dis ’n lekker gevoel om terug te wees in die samelewing. Dis wonderlik om in die son te wees en mense dop te hou. Dis goed om vry te wees.”

Kyk onder na die interessante video:

Bronne: aljazeera.com, businessinsider.com, metro.co.uk