Die video is intussen van YouTube verwyder.

“Het verlede naweek in die Ozarks-meer geswem en ’n baie pynlike oorinfeksie gekry. Ek het met foonkamera probeer kyk of ek iets kan sien . . . En dit gekry!” het Bruce Vrydag op Youtube geskryf. Die video is al meer as 300 000 gekyk sedert dit Vrydag gelaai is. Party lesers betwyfel die egtheid daarvan en beweer dit lyk soos twee grepe wat gedokter is om soos een te lyk. Vir sy part hoop ons dit is die geval! Bronne: YouTube.com, dailymail.co.uk