Dave verduidelik dat sy probleem op probleem ervaar, maar dat sy deur alles ’n gelukkige, liefdevolle hond is.

En, indien die Great Dane wel sou oorleef, sou sy doof en blind raak. Al haar boeties en sussies van dieselfde werpsel het nie oorleef nie.

Dave het besluit om eerder die beste van elke oomblik wat hulle oor het op film vas te vang. Hy het ’n tydsverloop-video van Pegasus gemaak waar sy op ’n trapmeul loop van die ouderdom van 4 weke tot 7 maande. Pegasus leef vandag nog en al is sy siek, is sy dolgelukkig.

Dave verduidelik dat sy probleem op probleem ervaar, maar dat sy deur alles ’n gelukkige, liefdevolle hond is. Geen veearts kon nog vasstel wat die onderliggende probleem is nie.

Vanweë die feit dat Dave gereeld reis moes hy noodgedwonge vir Pegasus aan ’n ander liefdevolle gesin oorhandig. Hy kuier glo steeds gereeld saam met haar.

Kyk hier na die video:

Bronne: YouTube, Buzzfeed, boredpanda.com