Loom bands (helderkleurige rubberrekkies) is supergewild! Toe ons ons SuperMa-gemeenskap op Facebook vra of hul kinders dié bandjies gebruik en hoe hulle daaroor voel, was die reaksie oorweldigend. Maar ’n paar van julle het gevra wat dit is en hoe kinders dit kan gebruik. Hier is ’n video met maklike instruksies oor hoe om so ’n armband te maak.

Lees hier meer oor die voordele en risiko’s verbonde aan loom bands.