In 'n nuwe video wat onlangs op die internet begin versprei het, kan gesien word hoe 'n luislang doodluiters 'n baie groot buidelrot heel insluk.

Die luislang draai sy lyf styf om die buidelrot, versmoor dit en begin dit dan stadig van kop tot tone verorber.

Omstanders het geskok toegekyk hoe die slang die buidelrot op 'n erf in 'n noordelike voorstad van Sydney insluk.

Daar word geskat die luislang was sowat 2 meter lank, maar "baie dun" het een omstander vertel. Daarteenoor kan 'n buidelrot tot 7 kg weeg

Wees gewaarsku, hierdie video kan vir sommige ontstellend wees:

Bronne: Daily Mail; YouTube