Joshua Sutherland se gesin het dit terdeë geniet om ’n lui trop leeus vanuit hul motor dop te hou. Maar een van die leeuwyfies het baie in die vreemde voertuig begin belangstel en nader gedrentel om dit te bekyk.

Die gesin was aanvanklik ingenome toe sy haar snoet teen die ruit druk en hulle het gelag en foto’s geneem. Maar toe ontdek die slim kat sy kan by hulle uitkom deur met haar vlymskerp tande aan die deurhandvatsel te trek.

In die video kan ’n mens hoor hoe die insittendes beangs gil voor een van hulle die deur toe pluk.

“Het jy geweet leeus kan motordeure oopmaak?” vra Joshua in die byskrif by die videogreep wat hy later op YouTube gelaai het.

“My suster Kaylene en Cindy, wat by ons ouers kuier wat in Suid-Afrika op ’n sending is, het die ervaring van ’n leeftyd gehad.”