As jy gereeld met tweejariges te doene het, sal jy weet dat min skepseltjies op aarde so ’n deeglike vloermoer kan gooi soos hierdie kleingoed. Wel, dit was tot toe dié koala-video sy verskyning gemaak het.

In hierdie video van Doer Onder word ’n koalabeer summier deur een van sy boelierige makkers uit ’n boom geskop. Ná ’n sak in as-oomblik, en ’n paar vreemde byklanke, skraap die koala moed bymekaar en probeer om weer in die boom te klim.

Maar alles tevergeefs, die uitskopper gee nie bes nie. Al wat oorbly vir die uitgeworpene is om maar op grondvlak met sy gesanik voort te gaan.

via GIPHY

Dierekenners het intussen verduidelik dat dit broeiseisoen in koalabeerland is, en hierdie is 'n normale bekgeveg tussen mannetjies om die wyfies se onomwonde aandag te trek.

Bronne: Time.com; YouTube

Lees ook:

Kat in apiepak neem internet op horings

Dié huppelende skapie sal jou weer in geluk laat glo