Nogal nie hierdie vrou nie.

In ’n video wat in Suidoos-Asië verfilm is en wat soos 'n veldbrand versprei het, lug 'n vrou haar ware gevoelens deur met 'n voorhamer by haar haarkappersalon in te storm.

Dit was nie lank nie, of sy slaat spieëls en werkoppervlaktes flenters, terwyl sy die gepleit van die salonwerkers, wat probeer om die wapen by haar te gryp, heeltemal ignoreer.

Maar dit is toe ook nog nie die einde nie.

Sy mik ook ’n hou na ’n ander vrou in die salon, maar dié kan dit gelukkig afweer.

Kyk na die video hier onder:

Bronne : mirror.co.uk, huffingtonpost.com