Die YouTube-gebruiker, baywatch106ify, het ’n beminlike video gedeel van die gesin se troetel-Labador wat duidelik nie tevrede is om slegs die mens se beste vriend te wees nie.

Die hond kan in die greep, wat virusafmetings aangeneem het, gesien word waar hy sy neus gebruik om die slapende kleuter met ’n kombers toe te maak. Met al sy aandag op die taak toegespits, hou die hond aan totdat die baba heeltemal toegerol is.

Die video eindig waar die Labrador ’n welverdiende strek geniet.

Kyk na die oulike video hier onder.

Bronne: youtube.com, metro.co.uk