Dit is geen geheim dat die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld baie lief vir haar huishulp Bingo Ramatsetse is nie.

Op 'n onlangse insetsel van haar werklikheidsreeks saam met haar broer, Bobby, het Karlien juis twee dae lank by Bingo gaan woon en onder meer saam met haar duim gery om ’n taxi na die township Ramokgeletsane te haal. “Jy leer maar net weer met hoe min ’n mens oor die weg kan kom en hoe tevrede jy kan wees,” het Karlien op die episode van In Jou Skoene op VIA (kanaal 147) vertel. En nou wys Karlien Bingo is 'n ewe groot aanhanger van haar jongste album, Sing vir Liefde, wat onlangs uitgereik is. Kyk net hoe lekker kap sy dit uit!

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on