Shanee Hart, van die Amerikaanse deelstaat Washington, het vreugde en geluk verwag toe sy haar oudste vertel daar is nog ’n pienkvoet op pad. Maar dié is toe glad nie ingenome met die nuus nie. Haar seun was taamlik omgekrap toe hy daarvan hoor!

Toe het die seuntjie, ene Trey, in detail verduidelik hoekom sy ma hom nie met ’n ander baba moet “vervang” nie.

Shanee sê toe: “Wel, Trey, ek weet nie wat ek oor die gehuil kan doen nie; jy sal net daaraan gewoond moet raak.”

Trey antwoord toe ewe astrant: “Dan moet Ma vir my oorpluisies koop.”

- Janine Nel