Dit lyk of towerkunsies selfs vir honde ietwat verwarrend is.

’n Aantal honde is heeltemal verward gelaat nadat die Finse kulkunstenaar Jose Ahonen, hul lekkernye in die niet laat verdwyn het.

Hul reaksies is op video vasgelê en het meer as 11 miljoen trefslae gekry sedert dit op 21 Maart op YouTube gelaai is.

In die video-onderskrif verseker Jose kykers “alle honde het bederfies voor en ná die kulkunsie gekry”.

Kyk hier na die video: https://www.youtube.com/watch?v=VEQXeLjY9ak

-Petro-Anne Vlok

BRONNE: youtube.com, nydailynews.com