Terwyl sy talentvolle eienares heerlik op haar trekklavier lostrek, begin Nathan se voete, ‘skuus pote, jeuk en hy dans dat die kussings antwoord gee.

Sy kuifkopmakkers is allesbehalwe beïndruk met sy passies. Om die waarheid te sê, hulle lyk sommer bloot mismoedig. Dis onseker of hierdie dalk nie een van hul gunsteling-liedjies is nie en of hulle dalk glad nie van die amegtige trekklavier se klank hou nie.

Wat ons wel weet is dat hierdie die enigste haarlose Chinese kuifkophond-video is wat jy heeljaar hoef te sien!