In hierdie absurde video kan gesien word hoe ’n man en vrou doodluiters met ’n mikrovliegtuig opstyg vir ’n doodnormale pretvlug.

Maar in die een hoek van die kamera kan ’n mens sien ’n viervoetige vriend bevind hom kort voor lank in ’n penarie wat hy nie heeltemal weet hoe om te hanteer nie.

Tot almal se verbasing kruip daar ’n kat uit vanaf die vlerk waar dit moes gelê en slaap het voor die vliegtuig opgestyg het.

Die vlieënier het gelukkig dadelik gaan geland.

Nietemin moes die arme kat klou om lewe en dood. Ons dink hy gaan dalk vir ’n geruime tyd nie weer van die vliegtuig ’n rusplekkie maak nie.

Kyk die video hier: