Dié bisarre video van ’n gemmerkat aangetrek soos ’n apie wat 'n piesang lek het omtrent die internet in die laaste paar dae op horings geneem. Binne ’n paar dae sedert dit op Oujaarsaand op die internet gelaai is, is dit reeds meer as 7 miljoen keer gekyk. Hoewel supergewild, het die video ook wye reaksie ontlok met sommige wat dit as dieremishandeling beskou. "Die kat geniet die hele gedoente duidelik nie en is in die aappakkie vasgekeer," het een ontstoke kyker op die groep 10 Cats se Facebookblad geskryf. Mense het ook op Twitter teen die video uitgevaar.
Ander het weer gedink dis skreeusnaaks.

Hoewel piesangs nie hoog op katte se spyskaart verskyn nie, is die vrug nie skadelik vir hulle om te eet nie.

Die video is deur die Japanese YouTube-kanaal 10 cats vervaardig. In die kanaalbeskrywing skryf die eienaar: "Ek woon met 10 katte in my huis in Japan".

Hulle het ook onlangs ’n video gedeel van katte wat ’n hele hoender as Kersmaaltyd verorber.

Bronne: Daily Mail; BT.com

Lees ook: Kyk hoe lekker dans hond se kind!

Lees ook: Oerangoetang skaterlag vir towerkunsie