Shea Glover is 'n aktrise, skrywer en filmvervaardiger wat aan Pace Universiteit studeer. Sy is ook die persoon wat dit gewaag het om vir mense te vertel hulle is pragtig terwyl sy hulle verfilm het.

Die uiteenlopende reaksies gaan jou verstom, en met tye bewoe laat.

Daar was trane, 'n nare dreigement en die beste van alles: die ongeloof en die mooiste, mooiste glimlagte. Wat 'n wonderlike projek – met wonderlike resultate. Selfs diegene wat aanvanklik dalk nie vir jou pragtig, dalk selfs aantreklik is nie, ontpop in iemand met hernude glans in hul oë.