.

Hy's oulik verby en jy weet by voorbaat dat hy allesbehalwe doodgewoon is. Maar wat jou heerlik gaan laat skater is hierdie video van hom en sy eienaar, Walter Ledermüller.

Daar is min onder ons wat dit kan weerstaan om saam te sing as 'n gunsteling-liedjie in die motor speel. En wat keer Junior om saam te sing as Walter dit doen...

Jy gaan nooit weer Rihanna se liedjie "Diamonds" kan luister sonder om Junior se "sielvolle" vertolking in jou geestesoog te sien nie.

Bron: YouTube