In hierdie familie-komedie vertolk Jim Carrey die rol van Mnr. Popper ‘n suksesvolle sakeman wat heeltemal onbewus is van wat werklik belangrik is in die lewe.

Maar alles verander wanneer hy ses pikkewyne erf.

Popper se pikkewyne verander sy modieuse woonstel in New York in ‘n ysige wonderland en sorg sodoende dat sy lewe nooit weer dieselfde is nie.

Die film is in ‘n spesiale filmstudio geskiet wat koud gehou is sodat regte pikkewyne tydens die verfilming gebruik kom word.

Die film is ook ‘n moderne weergawe van die gewilde kinderboek.

Volg Huisgenoot op Twitter.