WAARSKUWING: GRAFIESE VIDEO

’n Skokkende video vang die oomblikke vas toe ’n Chinese man doelbewus met sy motor op sy eksvrou en ’n vriend afjaag en hulle tref. Asof dit nie alreeds genoeg is nie, klim hy uit sy motor uit om hulle verder fisies aan te rand.

In die video-beskrywing word genoem dat die man, net bekend as Moumou, en sy eksvrou, Qin, ná hul egskeiding steeds ’n huis gedeel het. ’n Dag voor dié skokkende insident het Moumou vir Qin beskuldig dat sy ’n verhouding met ’n ander man het. Hy het haar geslaan en met ’n mes gedreig. Gelukkig het sy ma tussenbeide getree en gekeer dat hy Qin vermoor.

Die volgende oggend het Moumou vir Qin oudergewoonte by haar werksplek gaan aflaai. Toe sy later nie ’n telefoonoproep beantwoord nie, het hy hom daarheen gehaas en gehoor sy het pas saam ’n vriend, Min, in ’n taxi vertrek. Qin het Min gevra om saam met haar na die polisiestasie te gaan om die vorige dag se aanranding te rapporteer.

Moumou het die taxi agterna gesit. Hy was vas oortuig Min was Qin se minnaar. Toe Qin en Min by die polisiestasie uitklim, het hy versnel en in hulle vasgejaag.

Min is ’n ent saam die motor gesleep terwyl Qin kort duskant die ingang van die polisiestasie geval het. Moumou wou egter seker maak albei is dood en het toe begin om vir Min en Qin te skop.

Hy is kort daarna deur die polisie vasgetrek. Min is op die toneel oorlede. Gelukkig het Qin oorleef en sterk tans in die hospitaal aan.

’n Saak van moord is teen Moumou aanhandig gemaak. Dit is onduidelik of Qin en Min ooit werklik in ’n verhouding betrokke was.

Bron: YouTube