Dit was die geval in John McAleenan se familie. Drie jaar gelede het hy van Ierland na Amerika verhuis. Dit was ook die laaste keer dat sy ma hom in lewende lywe gesien het.

John wou bitter graag weer sy familie sien, en wat is dan nou beter as 'n verrassingsbesoek om die vreugdesvure van feestyd nog hoër te laat brand?

Dit wil voorkom asof John se broer en sy pa wel geweet het wat in die sitkamer wag. Maar hulle het daarin geslaag om hul ma totaal in die duister te hou - letterlik en figuurlik. Terwyl sy broer hul ma uit die bed gaan haal, het John 'n kamera opgestel en homself rustig in 'n gemakstoel tuisgemaak.

Sy het geen idee gehad wat op haar wag toe sy nog lekker deur die blare en in haar japon geklee, die sitkamer binnekom nie.

Lees ook: Kyk hoe lekker dans hond se kind in dié video!

Die absolute ongeloof en oorweldigende vreugde van 'n ma wat haar kind na drie jaar weer sien, gaan selfs die hardste hart vermurwe.

En wat sê John? "Dis waarskynlik die beste ding wat ek nog ooit gedoen het."

Bronne: YouTube, dailymail.co.uk