Maar ons almal weet al te goed dat ou Buksie nie aldag van bad hou nie. En daar’s talle wat kan getuig van die uitmergelende stryd om hom uiteindelik geskrop en reg vir die volgende uur of so te kry.

Maar in hierdie video is die bordjies geheel en al verhang. Hierdie is ‘n hond wat beheer oor die tuinslang oorneem en sy eienaar die spit laat onderdelf.

Kyk gerus self. Die arme man staan nie ’n kat se kans teen sy swart Labrador nie.

Wonder wie’s nou die baas van die (bad)plaas?

Bron: YouTube