’n Oulike video van ’n hond wat dadelik glimlag as sy eienaar "Say cheese!" sê, het omtrent soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die video, oorspronklik deur die Facebook-gebruiker Amanda Robles opgelaai, is in net twee dae meer as 8 miljoen keer gekyk.

Haar hond lyk dalk heel afgemat, maar dis net tot sy hom paai met die gewilde uitdrukking "Say cheese!" waarmee soveel glimlagte wêreldwyd al op foto's vasgelê is.

Buiten die indrukwekkende 8 miljoen-syfer, is die video ook al byna ’n kwartmiljoen keer gedeel.

Hierdie hond se grinnik is duidelik ’n duisend keer beter as destyds se "kaas dit en geniet dit"!

Lees ook:

Kyk hoe lekker dans hond se kind!

Oerangoetang skaterlag vir towerkunsie