Megan se ma het egter 'n groot vrees vir spinnekoppe en skree misteries goed soos "ek gaan 'n hartaanval kry, kry die ding hier uit!" Toe Megan haar ma hoor skree, het sy die foon gegryp en nader gehardloop. "Die video is 100 persent eg. Sy speel beslis nie toneel nie," skryf Megan.

Nadat Megan die spinnekop doodmaak en vir die kamera wys, sien mens dis maar 'n ou klein gedierte. Die video is al meer as 170 000 op YouTube gekyk.

Kyk hier na die snaakse video:

Bronne: YouTube, Daily Mirror