Dis onseker in watter restaurant die voorval plaasgevind het. Wat wel duidelik is, is dat hierdie krap beslis ’n kranige planmaker en meester van die selfverdedigingskuns is.

Lees ook: Mooi liedjie ontroer baba

Toe die sjef die krap wil nader vir ’n onwillige kooksessie, het ta die naaste mes in sy stewige knypers vasgeknyp en behoorlike Samoerai-swaardaksies daarmee uitgevoer terwyl hy ál verder van die sjef af teruggekrabbel het.

Les 101: Moet nooit ’n skerp mes naby ’n krap laat rondlê nie!

Dit is onseker of die krap toe wel op die tafel beland het.