Ses reusewoonstelblokke in Glasgow in Skotland sou die afgelope naweek tydens ’n beheerde inploffing aarde toe gebring word. Maar o weë, iewers het ’n berekeningsfout ingekruip. In plaas daarvan dat die ses torings heeltemal verwoes is, het net twee torings kwalik halfpad in duie gestort. Nou krap plaaslike owerhede kop oor hoe om van die laaste helfte van die geboue ontslae te raak. Masjienerie gaan glo ingespan word. Dit volg na die aanvanklike besluit om die torings te verwoes opsigself baie kontroversieël was. Etlike families, insluitend talle emigrante, moes noodgedwonge verskuif word.

Die torings is tussen 1964 en 1969 gebou. Daar was aanvanklik tien torings, waarvan vier al oor die jare verwoes is. Die torings staan 89 meter hoog en was op ’n stadium die hoogste woonstelblokke in Europa.

Die oorblywende torings is geoormerk om plek te maak vir ’n nuwe behuisingsprojek op dieselfde perseel, daarom is dit verwoes.

Kyk hier hoe die torings (amper) verwoes is:

Bronne: news.com.au; The Telegraph