Net soos daardie vierstuks van die fliek het 'n glibberige groepie pikkewyne van die Odense dieretuin in Denemarke 'n waaghalsige ontsnappingspoging aangepak. Ons meen goeie ou Skipper sou tog te trots gewees het.

Alles was goed en wel, maar die Groot Ontsnapping is deur een, klein detail in die wiele gery: die pikkewyntjies se gewebde pootjies het duidelike voetspore agtergelaat wat hul hele plan weggegee het.

Die dieretuin het intussen hierdie skreeusnaakse video van die pikkewyne se gewaagde ontsnapping uitgereik met die woorde: "Dalk het ons pikkewyne te veel na die pikkewyne van Madagascar gekyk."

Te oulik.

Source: The Metro, YouTube