In die video, wat Saterdagaand by ’n nagklub in Paceville op die eiland Malta geneem is, kan gesien word hoe meer as 70 mense op die balkon na benede stort.

Twee nagklubgangers is in die intensiewe sorg-eenheid opgeneem terwyl ’n verdere 16 ernstig beseer is. Die jongste van die slagoffers is twee meisies wat onderskeidelik 13 en 15 jaar oud is.

Malta se eerste minister, Joseph Muscat, het ’n volskaalse ondersoek na die voorval aangevra, spesifiek oor hoekom daar soveel minderjariges in die nagklub was.

Vyf van die beseerdes was onder 16.

Daar word geglo dat die balkon meegee het omdat daar te veel mense daarop was. Ooggetuies vertel van die totale chaos wat geheers het oomblikke ná die balkon ineengestort het toe ’n horde partytjiegangers desperaat die klub probeer verlaat het.

Kyk hier na die video:

Bronne: Mirror; Daily Star